Laerskool Goedehoop Amptelik Open Day 2026
By Laerskool Goedehoop leer ons kinders om vas te staan in hul stewels en met hoop vorentoe te stap. 

Ons leer, bemoedig, ondersteun en lei, vier nuuskierigheid en kreatiwiteit, en pak elke kind se saalsak vol HOOP en VEERKRAGTIGHEID.
’n Anker wanneer dit rof raak, ’n springbord wanneer drome begin galop. 

Laerskool Goedehoop – Waar klein spore groot paaie word!